
LPM ondersoek Joseph Isaack oor uitlatings in pers
Loading player...
Die Landless People’s Movement ondersoek die geskorste voormalige voorsitter van die //Kharas-streekraad, Joseph Isaack, nadat hy aan The Namibian gesê het dat partyleier Bernadus Swartbooi verdeel-en-heers-taktieke gebruik wat moontlik interne verdeeldheid aanwakker. LPM-woordvoerder Lifalaza Simataa het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat Isaack volhou dat die boodskappe uitgelek is en dat hy nie met die media gepraat het nie.

