Die vakbondfederasie Cosatu verwelkom die kredietgraderingsagentskap Fitch se jongste gradering van Eskom as 'n positiewe mosie van vertroue. Die kragvoorsiener se langtermyn-gradering is opgradeer van B na B-plus na die onlangse opgradering van Suid-Afrika se soewereine kredietgradering. Dis 'n kritieke tyd vir Eskom, wat sy langtermyn bedryfs-omkeerplan uitvoer. Matthew Parks…
Die Straat van Hormuz is reeds gedeeltelik oop en sal van Vrydag af heeltemal oop wees ná 'n ooreenkoms tussen Iran en die VSA geteken is om die Midde-Oosterse oorlog te beëindig, volgens president Donald Trump. Trump het voor bilaterale gesprekke met Franse president Emmanuel Macron gepraat, net voor die…
Die adjunkminister van onderwys Dino Ballotti, doen 'n beroep op Namibiërs om entrepreneurskap as 'n primêre loopbaanpad te aanvaar eerder as 'n tweede opsie of iets om op terug te val. Ballotti het tydens Nust se Innovasie- en Entrepreneurskapsweek gesê dat baie gegradueerdes na universiteit uitdagings ondervind omdat hulle staatmaak…
Die Departement van Binnelandse Sake sê die eerste 1 140 Malawiese burgers wat by 'n repatriasie-sentrum in Durban verwerk is, was onwettig in Suid-Afrika. Verskeie lande het altesaam 2 745 burgers na hulle lande teruggeneem sedert president Cyril Ramaphosa se toespraak oor migrasie en onwettige immigrasie vroeër die maand. Adjunkminister…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.