Charles lewer geskiendkundige toespraak in Kongres

Loading player...
Koning Charles die Derde het ʼn geskiedkundige toespraak voor die Amerikaanse Kongres gelewer. Hy het die belangrikheid van die verhouding tussen die Verenigde Koninkryk en Amerika beklemtoon, diversiteit en vrede aangemoedig en multilaterale instellings geloof. Dit was die eerste koninklike toespraak voor die Kongres sedert dié van koningin Elizabeth die Tweede in 1991. Die Britse monarg het aan wetgewers gesê die Brittanje-VSA-alliansie moet voortgaan om gedeelde waardes te verdedig met bondgenote in Europa, die Statebond en die res van die wêreld, en die wekroep ignoreer om meer na binne te kyk:
29 Apr 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA druk Gayton oor projekte se R3 miljoen

Die DA in die Wes-Kaap doen 'n beroep op die leier van die Patriotic Alliance, Gayton McKenzie, om saam te werk met 'n voortgesette ondersoek na sowat drie-miljoen Suid-Afrikaanse rand wat vir Sentraal-Karoo-projekte ingesamel is tydens sy termyn as burgemeester. Dave Bryant van die party sê die provinsiale regering probeer…
15 Aug 5AM 1 min

Trump wil Straat van Hormuz VSA-grondgebied verklaar

Amerikaanse president Donald Trump het Vrydag tydens 'n saamtrek in New York beloof om die Straat van Hormuz as Amerikaanse grondgebied te verklaar, terwyl Iran en die VSA bots oor beheer oor die sleutelwaterweg. Ontleders sê dit moet met 'n knippie sout geneem word, want die seestraat is 'n internasionale…
15 Aug 4AM 1 min

Kaapstad se mariene-eenheid behaal groot suksesse teen stropery

Die Stad Kaapstad sê sy mariene-eenheid het die afgelope jaar groot suksesse behaal, insluitend 'n byna 500-persent toename in die herwinning van gestroopte mariene hulpbronne. Herwonne goedere het gestyg van ongeveer 2 500 tot bykans 15 000 items. Wetstoepassers het ook 953 onwettige sjebiens gesluit. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en…
15 Aug 4AM 1 min

VSA, Namibië 'moet vennootskap oor kritieke minerale bepaal'

Die groeiende Amerikaanse belangstelling in Namibië se kritieke minerale en energiesektor laat vrae ontstaan oor die aard van die verhouding tussen die twee lande. Die Amerikaanse ambassadeur John Giordano is reeds gekritiseer oor wat sommige beskou as aggressiewe druk vir Amerikaanse toegang tot hierdie hulpbronne. In 'n onderhoud met Kosmos…
15 Aug 3AM 1 min

Nahas Angula prys Mbumba in verjaarsdagwense

Oud-president Nangolo Mbumba verjaar vandag, en die voormalige eerste minister en stigtersminister van onderwys, Nahas Angula, het hom gelukgewens en hom geprys dat hy die leisels soomloos oorgeneem het ná die afsterwe van president Hage Geingob. Mbumba het as die tweede vise-president onder Geingob gedien van 2018 tot sy aanvaarding…
15 Aug 2AM 1 min