GOOD verwelkom verlenging van brandstof-verligting

Loading player...
Die GOOD-party het die regering se besluit verwelkom om die verligting op die verhoging van die brandstofheffing verder te verleng tot 2 Junie om die uitwerking van brandstofprysverhogings verder te verlig. Die Nasionale Tesourie het vroeër die maand 'n tydelike verlaging van 3 Suid-Afrikaanse rand per liter op op die heffing aangekondig. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron, sê die gevolge wat Amerika se aanval op Iran op olie- en gevolglik brandstofpryse gehad het, het die regering genoop om in te gryp om Suid-Afrikaners teen 'n radikale brandstofprysskok te pantser:
29 Apr 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA druk Gayton oor projekte se R3 miljoen

Die DA in die Wes-Kaap doen 'n beroep op die leier van die Patriotic Alliance, Gayton McKenzie, om saam te werk met 'n voortgesette ondersoek na sowat drie-miljoen Suid-Afrikaanse rand wat vir Sentraal-Karoo-projekte ingesamel is tydens sy termyn as burgemeester. Dave Bryant van die party sê die provinsiale regering probeer…
15 Aug 5AM 1 min

Trump wil Straat van Hormuz VSA-grondgebied verklaar

Amerikaanse president Donald Trump het Vrydag tydens 'n saamtrek in New York beloof om die Straat van Hormuz as Amerikaanse grondgebied te verklaar, terwyl Iran en die VSA bots oor beheer oor die sleutelwaterweg. Ontleders sê dit moet met 'n knippie sout geneem word, want die seestraat is 'n internasionale…
15 Aug 4AM 1 min

Kaapstad se mariene-eenheid behaal groot suksesse teen stropery

Die Stad Kaapstad sê sy mariene-eenheid het die afgelope jaar groot suksesse behaal, insluitend 'n byna 500-persent toename in die herwinning van gestroopte mariene hulpbronne. Herwonne goedere het gestyg van ongeveer 2 500 tot bykans 15 000 items. Wetstoepassers het ook 953 onwettige sjebiens gesluit. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en…
15 Aug 4AM 1 min

VSA, Namibië 'moet vennootskap oor kritieke minerale bepaal'

Die groeiende Amerikaanse belangstelling in Namibië se kritieke minerale en energiesektor laat vrae ontstaan oor die aard van die verhouding tussen die twee lande. Die Amerikaanse ambassadeur John Giordano is reeds gekritiseer oor wat sommige beskou as aggressiewe druk vir Amerikaanse toegang tot hierdie hulpbronne. In 'n onderhoud met Kosmos…
15 Aug 3AM 1 min

Nahas Angula prys Mbumba in verjaarsdagwense

Oud-president Nangolo Mbumba verjaar vandag, en die voormalige eerste minister en stigtersminister van onderwys, Nahas Angula, het hom gelukgewens en hom geprys dat hy die leisels soomloos oorgeneem het ná die afsterwe van president Hage Geingob. Mbumba het as die tweede vise-president onder Geingob gedien van 2018 tot sy aanvaarding…
15 Aug 2AM 1 min