Die 6de Nashua gholfdag ten bate van ENGO vind die 7de Mei in Bloemfontein plaas

Loading player...
Hoof Uitvoerende Direkteur van ENGO, De Wet Claassens sluit by Yolanda Maartens aan om sy dankbaarheid teenoor Nashua te deel vir hul volgehoue vennootskap en om te vertel wat die fondse van die jaarlikse gholfdag vir ENGO beteken. ENGO bedryf 32 kinder- en jeugsorgsentrums, wat veilige en koesterende omgewings bied vir tussen 700 en 800 kinders wat deur die kinderhof uit onveilige situasies verwyder is. Hierdie sentrums bied stabiliteit, opvoeding en emosionele ondersteuning en help kinders om hul lewens te herbou. Met 10 gesinsorgkantore regoor die Vrystaat bereik Engo jaarliks byna 89 000 mense. Sonder die publiek se ondersteuning kan ENGO nie hierdie belangrike take verrig nie. Vir meer inligting oor die gholfdag en die werk wat ENGO doen, stuur gerus ‘n epos na info@engo.co.za of besoek www.engo.co.za
29 Apr 6AM English South Africa Education · Leisure

Other recent episodes

Busamed Bram Fischer Private Hospital: Thinus van Eeden

Yolanda Maartens is at the opening of the new Busamed Rehabilitation Unit, and she interviews Thinus van Eeden, a Physiotherapist from the Busamed Bram Fischer Private Hospital about how rehabilitation helps patients to regain mobility, strength and independence after an illness. They talk about what patients can expect during their…
23 Sep 5AM 6 min

Busamed Bram Fischer Private Hospital: Dr. Mongangane

Yolanda Maartens speaks with Dr. Mongangane, Hospital Manager at Busamed Bram Fischer Private Hospital. They talk about the new Busamed Rehabilitation Unit, what it aims to address in the community, and how an important addition it is for the healthcare that they offer.
23 Sep 4AM 5 min

Die identifisering van vroeë waarskuwingstekens vir kinderkanker is van kritiese belang

Met CHOC (Childhood Cancer Foundation South Africa) se veldtog tydens Internasionale Kinderkanker-bewustydsmaand beklemtoon die organisasie vroeë waarskuwingstekens, gesinsverhale en praktiese maniere om kinders en tieners te ondersteun by wie kinderkanker gediagnoseer is. In Suid Afrika raak Kinderkanker steeds duisende kinders, tieners en gesinne, en beklemtoon dit dus die behoefte aan…
18 Sep 4AM 7 min

Besighede, skole en gesinne word genooi om Omgie maand te ondersteun

ENGO se Omgie-maand is om die draai en geliefde gelukbringer OMGIE kuier weer by Yolanda Maartens om jou te herinner dat vanjaar se tema “Avontuur” is en dat daar verskeie opwindende maniere is vir skole, besighede en gesinne om betrokke te raak. Besoek gerus engo.co.za
14 Aug 4AM 2 min