Weermagkomitee plaas Hegseth onder erge druk

Loading player...
Amerikaanse verdedigingsminister Pete Hegseth het onder druk gekom om Washington se strategie vir die VSA-Israel-oorlog teen Iran uiteen te sit en beweer dat kritici daarvan 'n groter bedreiging vir Amerika as Iran inhou. Hy het voor die Huis van Verteenwoordigers se Weermagkomitee verskyn om wetgewers te probeer oortuig om 'n 1,5 triljoen Amerikaanse dollar-begroting vir militêre besteding goed te keur. Die hooggeagte Demokraat Adam Smith van Washington het Hegseth aangevat en gesê Operasie Midnight Hammer, wat die oorlog begin het, het niks bereik nie. Luister self.
29 Apr 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Trump wil Straat van Hormuz VSA-grondgebied verklaar

Amerikaanse president Donald Trump het Vrydag tydens 'n saamtrek in New York beloof om die Straat van Hormuz as Amerikaanse grondgebied te verklaar, terwyl Iran en die VSA bots oor beheer oor die sleutelwaterweg. Ontleders sê dit moet met 'n knippie sout geneem word, want die seestraat is 'n internasionale…
15 Aug 4AM 1 min

Kaapstad se mariene-eenheid behaal groot suksesse teen stropery

Die Stad Kaapstad sê sy mariene-eenheid het die afgelope jaar groot suksesse behaal, insluitend 'n byna 500-persent toename in die herwinning van gestroopte mariene hulpbronne. Herwonne goedere het gestyg van ongeveer 2 500 tot bykans 15 000 items. Wetstoepassers het ook 953 onwettige sjebiens gesluit. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en…
15 Aug 4AM 1 min

VSA, Namibië 'moet vennootskap oor kritieke minerale bepaal'

Die groeiende Amerikaanse belangstelling in Namibië se kritieke minerale en energiesektor laat vrae ontstaan oor die aard van die verhouding tussen die twee lande. Die Amerikaanse ambassadeur John Giordano is reeds gekritiseer oor wat sommige beskou as aggressiewe druk vir Amerikaanse toegang tot hierdie hulpbronne. In 'n onderhoud met Kosmos…
15 Aug 3AM 1 min

Nahas Angula prys Mbumba in verjaarsdagwense

Oud-president Nangolo Mbumba verjaar vandag, en die voormalige eerste minister en stigtersminister van onderwys, Nahas Angula, het hom gelukgewens en hom geprys dat hy die leisels soomloos oorgeneem het ná die afsterwe van president Hage Geingob. Mbumba het as die tweede vise-president onder Geingob gedien van 2018 tot sy aanvaarding…
15 Aug 2AM 1 min

Madlanga-kommissie moet permanente waghond word: GOOD

Die GOOD-party sê die Madlanga-kommissie moet 'n permanente nasionale polisie-integriteitstribunaal word om korrupsie en beweerde verbintenisse tussen wetstoepassing en georganiseerde misdaad te ondersoek. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron, sê die kommissie het die waarde van oop ondersoeke bewys. Hy glo soortgelyke ondersoeke is nodig in Kaapstad, waar gemeenskappe lank…
15 Aug 2AM 1 min