Bibi sê oorlog met Iran is nog nie verby nie

Loading player...
Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê Amerika en Israel se oorlog teen Iran het baie bereik, maar dis nie verby nie. Dit volg nadat president Donald Trump Iran se reaksie op ʼn Amerikaanse vredesplan verwerp en as “totaal onaanvaarbaar” beskryf het. Netanyahu het in ʼn onderhoud met CBS-60 Minutes, beklemtoon dat Trump saamstem dat Teheran se voorraad hoogs verrykte uraan verwyder moet word. Dis een van die belangrike kwessies wat Amerika probeer aanspreek:
11 May 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Sekere posisies gee All Blacks-afrigter hoofbrekens

Rugby: Die All Blacks se afrigter, Dave Rennie, sê spelers kan steeds die groep haal vir die eerste toets teen die Springbokke, afhangende van hulle vertoning teen die Bulle. Hy het ʼn sterk groep aangewys vir môre se kragmeting op Loftus, maar sê dit verskil aansienlik van die een vir…
14 Aug 11AM 1 min

Veldbrand-risiko hoog, tref só voorsorg

Die land staar vanjaar 'n buitengewoon hoë veldbrandrisiko in die gesig, met boere wat aangespoor word om ekstra voorsorgmaatreëls te tref terwyl hulle droë gras skoonmaak voor 'n moontlike El Niño-seisoen. Die waarskuwing kom van Eck Volkmann, bestuurder van die Houtskoolvereniging van Namibië, wat sê dat verskeie brande reeds die…
14 Aug 11AM 1 min

Kabinet keur Openbare Batebestuursagentskap goed

Die kabinet het die stigting van die Openbare Batebestuursagentskap, of Pama goedgekeur, wat staatsbates van meer as 179 miljard Namibiese dollar geregistreer het. Werkeminister Veikko Nekundi het 'n tussentydse raad van vyf lede aangestel om die kommersieel gedrewe entiteit operasioneel te maak. Die raad sal aanvanklik die regering se residensiële…
14 Aug 10AM 1 min

Waar is die finansiering vir olie-infrastruktuur: Itula

IPC-president Panduleni Itula het die land se gereedheid bevraagteken om die infrastruktuur te finansier wat nodig is om sy opkomende oliebedryf te ondersteun. Itula vra of daar 'n duidelike strategie is om toekomstige olie-inkomste te beskerm, en waarsku teen lenings teen hulpbronne wat nog ontgin moet word. Hy het vanoggend…
14 Aug 10AM 1 min