Horner erken rol in omstrede 2021 Abu Dhabi Grand Prix

Loading player...
Motorsport: Red Bull se voormalige spanhoof, Christian Horner, erken hy het druk geplaas op die destydse wedren-direkteur, Michael Masi, tydens die beslissende Abu Dhabi Grand Prix van 2021. Masi is uit sy pos onthef oor 'n laat veiligheidsmotor-ontplooiing, waarna Max Verstappen van Red Bull vir Lewis Hamilton van Mercedes kon verbysteek en sy eerste wêreldkampioenskap inpalm. Horner sê hy het Masi gevra om nie die wedren agter die veiligheidsmotor te laat eindig nie:
19 Oct 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Oliepryse bo US$120 'sal globale resessie veroorsaak'

Toenemende spanning in die Midde-Ooste na aanvalle op tenkskepe in die Straat van Hormuz kan 'n wêreldwye resessie veroorsaak as oliepryse bo 120 Amerikaanse dollar per vat styg, sê ekonoom Dawie Roodt. Hy waarsku dat brandstofinvoerders soos Namibië onmiddellike druk by die pomp in die gesig staar, met verdere prysstygings…
19 Oct 10AM 1 min

Plaaslike Konstitusionele Hof nie nou dringend nodig: LAC

Die Regshulpssentrum sê voorstelle om 'n Konstitusionele Hof in Namibië te vestig is nie tans dringend nie, midde debat oor of die land 'n toegewyde hof vir grondwetlike sake nodig het. Dit volg na die voormalige parlementslid Hidipo Hamata sy steun aan die idee toegesê het, met die argument dat…
19 Oct 10AM 1 min

Swapo, ECN beroof kiesers van hul stemme: LPM

Die LPM beskuldig Swapo daarvan dat die party vorige verkiesings gesteel het en die regbank gebruik het om homself van aanspreeklikheid te beskerm. Die LPM se hoofsweep, Dawid Eigub, beweer dat die uitvoerende gesag en die Verkiesingskommissie kiesers sistematies van hul stemme beroof het deur opposisiepartye van plaaslike stembriewe af…
19 Oct 10AM 1 min

Mbeki ontken hy het apartheid-generaals beskerm

Oudpresident Thabo Mbeki het voor die Khampepe-kommissie getuig hy het verskeie aansoeke om presidensiële kwytskelding goedgekeur. Die kommissie ondersoek bewerings van politieke inmenging in sake van die Waarheids-en-Versoeningskommissie. Hy sê bewerings dat hy geheime samesprekings met generaals uit die apartheidsera gevoer het om hulle teen vervolging te beskerm, is 'n…
19 Oct 9AM 1 min

Duitse debat oor volksmoord ' 'n klein oorwinning'

Sima Luipert van die Nama Tradisionele Owerheid sê die debat in die Duitse parlement is 'n kragtige oomblik vir die afstammelinge van die Nama- en OvaHerero-volksmoord. Sy sê egter dat hoop op dade gegrond moet wees. Dit kom terwyl wetgewers versoeke oorweeg dat Duitsland volle wetlike verantwoordelikheid aanvaar en omvattende…
19 Oct 8AM 1 min