
Oliepryse bo US$120 'sal globale resessie veroorsaak'
Loading player...
Toenemende spanning in die Midde-Ooste na aanvalle op tenkskepe in die Straat van Hormuz kan 'n wêreldwye resessie veroorsaak as oliepryse bo 120 Amerikaanse dollar per vat styg, sê ekonoom Dawie Roodt. Hy waarsku dat brandstofinvoerders soos Namibië onmiddellike druk by die pomp in die gesig staar, met verdere prysstygings wat ernstige skade aan kleiner ekonomieë kan veroorsaak. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

