
Swapo, ECN beroof kiesers van hul stemme: LPM
Loading player...
Die LPM beskuldig Swapo daarvan dat die party vorige verkiesings gesteel het en die regbank gebruik het om homself van aanspreeklikheid te beskerm. Die LPM se hoofsweep, Dawid Eigub, beweer dat die uitvoerende gesag en die Verkiesingskommissie kiesers sistematies van hul stemme beroof het deur opposisiepartye van plaaslike stembriewe af te hou. Hy het vandag tydens 'n perskonferensie gepraat.

