Rai eerste Britse PGA-kampioen in 107 jaar

Loading player...
Aaron Rai van Engeland het die PGA-kampioenskap en daarmee sy eerste major-titel by die Aronimink-gholfklub in Pennsilvanië gewen. Die wêreld-nommer-44 het vyf onder 65 aangeteken en algeheel met nege onder geëindig, drie houe voor die Spanjaard en tweemalige major-kampioen, Jon Rahm, en die Amerikaner Alex Smalley, wat gesamentlik tweede is. Rai, wat die eerste Engelse PGA-kampioen in 107 jaar is, sê hy het met sy oorwinning ʼn klomp dinge aan homself bewys:
18 May 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ramaphosa verdedig die RNE en moedig SAners aan om te stem

Die ANC-president Cyril Ramaphosa sê partye in die regering van nasionale eenheid, met uiteenlopende beleid en ideologieë, kon daarin slaag om saam te werk tot voordeel van Suid-Afrika. Verlede week het die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, gevra vir ’n hersiening van die DA se rol binne die regering van…
19 Oct 3AM 1 min

Penehupifo Pohamba se afsterwe ’n groot verlies vir familie en plaaslike owerhede

Mandume Pohamba het sy ma, Penehupifo Pohamba, as ’n sorgsame en liefdevolle ma beskryf. Die 78-jarige Pohamba is oor die naweek in die Lady Pohamba-privaat hospitaal in Windhoek oorlede. Mandume het aan New Era gesê dat sy goed na haar man, voormalige president Hifikepunye Pohamba, omgesien het. Die burgemeester van…
19 Oct 2AM 1 min

AfriForum wil Mbeki onder kruisverhoor plaas

AfriForum het die Khampepe-kommissie gevra om advokaat Gerrie Nel toe te laat... om oud-president Thabo Mbeki onder kruisverhoor te plaas. Dit hou verband met bewerings van politieke inmenging om vervolging vir misdade in die apartheids-era te voorkom, insluitend die 1985-landmynaanval naby Musina, waarin Kobie van Eck en haar twee jong…
19 Oct 2AM 1 min