Mynaktiwiteit daal, maar eiendom-beleggers kan gelok word

Loading player...
Terwyl net een uit elke 1 000 eksplorasieprojekte tot ‘n myn lei en uiters duur is, toon Namibië se mynbousektor 'n merkbare verlaging in prospekteeraktiwiteit. Nie-eksklusiewe prospekteerlisensies het skerp gedaal van 'n rekordpiek van 987 in 2023, na slegs 415 in 2025. Eksklusiewe prospekteerlisensies het eweneens gedaal, van 71 in 2024 na 56 in 2025. Teen hierdie agtergrond het Kosmos 94.1 Nuus dr. Roelof Botha, ekonomiese raadgewer van die Optimum-groep in Suid-Afrika, gepols oor hoe beleggers in die land behou kan word en watter stappe die regering kan neem om maatskappye aan te moedig om verder as blote eksplorasie te beweeg en sodoende groter waardetoevoeging tot die Namibiese ekonomie te lewer.
20 May 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Namibië en Angola skop eerste Binasionale Kommissie ministeriële sessie af

Namibië en Angola het hul eerste ministeriële sessie van die Binasionale Kommissie gehou om die uitvoering van bestaande ooreenkomste te bespoedig. Sleutelprojekte sluit die Baynes-hidrokragstasie, ’n kragverbindingsprojek, ’n eenstopgrenspos by Oshikango-Santa Clara en die uitbreiding van die Cafu-kanaal se watervoorsiening na Namibië in. Angola se minister van Eksterne Betrekkinge, Tete…
19 Oct 12AM 1 min

Die Presidensie wag op polisieverslag ná persoon BBP-sitkamer by Eros-lughawe insluip

Die Presidensie sê hy wag op ’n polisieverslag nadat ’n ongemagtigde persoon by die Eros-lughawe verby sekuriteit geglip en die BBP-sitkamer binnegedring het. Woordvoerder Jonas Mbambo het die opslae op sosiale media afgemaak en beklemtoon dat die kernkwessie is hoe toegang tot beperkte gebiede verkry is, om te verseker dat…
19 Oct 12AM 1 min

Zille: DA-regering in Johannesburg sal nooit pynlike jare van apartheid herhaal nie

Die DA se burgemeesterskandidaat in Johannesburg, Helen Zille, sê 'n DA-regering in Johannesburg sal nooit die pynlike jare van apartheid herhaal nie. Zille se uitlatings volg te midde van verskerpte verkiesingsveldtogte voor die plaaslikeregeringsverkiesing, met Johannesburg as een van die sleutelgebiede. Sy het afgevaardigdes by Nasrec in Gauteng toegespreek en…
18 Oct 11PM 1 min