Namfisa loods ondersoekna beleggingsfirma ineenstort

Loading player...
Die ineenstorting van Wealth Management Systems onder besturende direkteur Hanjo Schlabitz, 'n finansiële adviesfirma in Windhoek wat geld namens beleggers in buitelandse valuta belê het, het vrese laat ontstaan dat die beleggers, wat pensioenarisse insluit, miljoene Namibiese dollar verloor het. Namfisa het 'n verklaring uitgereik oor die kwessie en Namfisa se korporatiewe kommunikasiepraktisyn, Joanette Eises, sê hulle is besig met hulle eie ondersoek.
21 May 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Namibië en Angola skop eerste Binasionale Kommissie ministeriële sessie af

Namibië en Angola het hul eerste ministeriële sessie van die Binasionale Kommissie gehou om die uitvoering van bestaande ooreenkomste te bespoedig. Sleutelprojekte sluit die Baynes-hidrokragstasie, ’n kragverbindingsprojek, ’n eenstopgrenspos by Oshikango-Santa Clara en die uitbreiding van die Cafu-kanaal se watervoorsiening na Namibië in. Angola se minister van Eksterne Betrekkinge, Tete…
19 Oct 12AM 1 min

Die Presidensie wag op polisieverslag ná persoon BBP-sitkamer by Eros-lughawe insluip

Die Presidensie sê hy wag op ’n polisieverslag nadat ’n ongemagtigde persoon by die Eros-lughawe verby sekuriteit geglip en die BBP-sitkamer binnegedring het. Woordvoerder Jonas Mbambo het die opslae op sosiale media afgemaak en beklemtoon dat die kernkwessie is hoe toegang tot beperkte gebiede verkry is, om te verseker dat…
19 Oct 12AM 1 min

Zille: DA-regering in Johannesburg sal nooit pynlike jare van apartheid herhaal nie

Die DA se burgemeesterskandidaat in Johannesburg, Helen Zille, sê 'n DA-regering in Johannesburg sal nooit die pynlike jare van apartheid herhaal nie. Zille se uitlatings volg te midde van verskerpte verkiesingsveldtogte voor die plaaslikeregeringsverkiesing, met Johannesburg as een van die sleutelgebiede. Sy het afgevaardigdes by Nasrec in Gauteng toegespreek en…
18 Oct 11PM 1 min