Korrekte prys vir olie is tussen US$60 en US$70 - ekonoom

Loading player...
Oor die afgelope twee weke het die prys van Brent-ruolie gedaal, van ongeveer 119 Amerikaanse dollar per vat vroeg in Mei tot rondom 106 dollar per vat Woensdagaand en nou net bo 104 dollar. Die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat hierdie tendens sal voortduur solank die situasie in die Midde-Ooste onopgelos bly. Hy sê die prys moet baie laer wees om op 'n stabiele vlak te bly.
21 May 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Namibië en Angola skop eerste Binasionale Kommissie ministeriële sessie af

Namibië en Angola het hul eerste ministeriële sessie van die Binasionale Kommissie gehou om die uitvoering van bestaande ooreenkomste te bespoedig. Sleutelprojekte sluit die Baynes-hidrokragstasie, ’n kragverbindingsprojek, ’n eenstopgrenspos by Oshikango-Santa Clara en die uitbreiding van die Cafu-kanaal se watervoorsiening na Namibië in. Angola se minister van Eksterne Betrekkinge, Tete…
19 Oct 12AM 1 min

Die Presidensie wag op polisieverslag ná persoon BBP-sitkamer by Eros-lughawe insluip

Die Presidensie sê hy wag op ’n polisieverslag nadat ’n ongemagtigde persoon by die Eros-lughawe verby sekuriteit geglip en die BBP-sitkamer binnegedring het. Woordvoerder Jonas Mbambo het die opslae op sosiale media afgemaak en beklemtoon dat die kernkwessie is hoe toegang tot beperkte gebiede verkry is, om te verseker dat…
19 Oct 12AM 1 min

Zille: DA-regering in Johannesburg sal nooit pynlike jare van apartheid herhaal nie

Die DA se burgemeesterskandidaat in Johannesburg, Helen Zille, sê 'n DA-regering in Johannesburg sal nooit die pynlike jare van apartheid herhaal nie. Zille se uitlatings volg te midde van verskerpte verkiesingsveldtogte voor die plaaslikeregeringsverkiesing, met Johannesburg as een van die sleutelgebiede. Sy het afgevaardigdes by Nasrec in Gauteng toegespreek en…
18 Oct 11PM 1 min