SA se kleinhandel styg effe in Maart

Loading player...
Statistieke Suid-Afrika sê kleinhandelverkope het in Maart met 2,6-persent op 'n jaargrondslag gestyg. Die groei is hoofsaaklik gedryf deur algemene handelaars en ander kleinhandelaars, terwyl tekstiel, klere en skoeisel ook sterk winste oor die eerste kwartaal getoon het. Kleinhandelaars in gespesialiseerde voedsel, drank en tabak het egter 'n afname aangeteken. Raquel Floris van Statistieke SA sê die maandelikse verkope was meesal onveranderd en het geringe groei getoon in vergelyking met Februarie na gemengde prestasie vroeër die jaar:
22 May 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Owerhede keer 9 Bangladesjies voor by OR Tambo

Die Grensbestuursowerheid sê nege Bangladesjiese burgers is by OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng onderskep nadat hulle probeer het om Suid-Afrika met die gebruik van vervalste reisdokumente binne te kom. Die groep is gister tydens immigrasieverwerking met vals Suid-Afrikaanse visums en Indiese paspoorte gevind en is sedertdien teruggstuur na Bangladesj…
12 Jun 1AM 1 min

Starmer se verdedigingsminister bedank

Die Britse minister van Verdediging, John Healey, het bedank en beskuldig eerste minister Keir Starmer dat hy nie die verdediging-beleggingsplan behoorlik befonds nie. Hy is die sesde minister wat die afgelope maand uit Starmer se regering bedank. Healy sê in sy bedankingsbrief die land se verdediging-beleggingsplan skiet ver te kort…
12 Jun 1AM 1 min

GIPF belê groot in Goreangab Mall

Die Regeringsinstellings Pensioenfonds het die opening van die Goreangab-winkelsentrum van 300 miljoen Namibiese dollar verwelkom en dit beskryf as 'n tasbare uitkoms van sy beleggingstrategie. Die winkelsentrum is ontwikkel deur 'n vennootskap tussen Oryx Properties en Safland Property Group, beide ontvangers van beduidende fonds-gesteunde beleggingsmandate wat daarop gemik is om…
12 Jun 1AM 1 min

Brent daal na Trump ooreenkoms aankondig

Die prys van Brent ru-olie het onmiddellik gereageer na president Donald Trump beweer het die VSA het ʼn ooreenkoms met Iran bereik om die oorlog te beëindig.
12 Jun 12AM 1 min

Napha reageer op uiters hoë pryse wat vir wild behaal is

Namibië se wildveilingmark toon sterk tekens van vertroue, met top-teeldiere wat indrukwekkende pryse behaal. 'n Swartwitpensbul is onlangs vir 1 miljoen Namibiese dollar by die Waterberg Plateau Game Breeders-veiling naby Otjiwarongo verkoop. Die verkoop is die tweede swartwitpensbultransaksie van 'n miljoen dollar in net meer as 'n maand. Renoster- en…
12 Jun 12AM 1 min