DA bekommerd oor lang Cyril-ampsklagproses

Loading player...
Die DA het kommer uitgespreek oor hoe lank die ampsklagkomitee se voorbereiding om met sy werk te begin, gaan duur. Volgens die subkomitee vir die Hersiening van Vergaderingreëls kan dit maande vat om die operasionele padkaart en wysigings aan reëls af te handel voor die ampsklagkomitee met die proses kan begin om die bewyse teen president Cyril Ramaphosa te verwerk. George Michalakis van die DA sê die publiek wil hê die proses moet afgehandel word:
22 May 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA eis dat dissiplinêre stappe teen Toerismeraadhoof afgehandel word

Die DA doen ʼn beroep op die Suid-Afrikaanse Toerismeraad om die voortslepende saak waarby die geskorste uitvoerende hoof, Nombulelo Guliwe, betrokke is, vinnig af te handel. Guliwe het 2,3-miljoen Suid-Afrikaanse rand se salaris en voordele ontvang terwyl sy sedert Augustus verlede jaar tot op hede voorlopig geskors is. Haseena Ismail…
14 Aug 6AM 1 min

Jeugambassadeurs vir groenwaterstof woeker

Groenwaterstof Jeugambassadeurs is besig om gemeenskap-bewustheidsvoorstelle te ontwikkel, tien maande na hul aanstelling. Die inisiatief deur Hyphen Hydrogen Energy, ondersteun deur GIZ en die Namibië Groenwaterstofprogram, is daarop gemik om die jeug te bemagtig om begrip van groenwaterstof te bevorder en 'n sleutelrol in die land se energie-oorgang te speel…
14 Aug 6AM 1 min

Karnivore neem af in Namibië

Namibië se groot karnivoorbevolkings is aan die afneem, met nuwe navorsing wat die land se jagluiperdbevolking op ongeveer 1 200 volwassenes en adolessente skat, af van 'n geraamde 1 500 in 2007. Dr. Laurie Marker, stigter en uitvoerende direkteur van die Cheetah Conservation Fund en voorsitter van die Large Carnivore…
14 Aug 6AM 1 min

Strauss sê die Bulle is opgewonde vir All Blacks

Die All Blacks se volgende, en derde kragmeting in die Rugby’s Greatest Rivalry-toer is Saterdag teen die Bulle in Pretoria, voor volgende naweek se eerste toets teen die Springbokke op Ellispark. Tot dusver is hulle onoorwonne. Die president van die Suid-Afrikaanse Blou Bulle, Willem Strauss sê hulle is opgewonde om…
14 Aug 6AM 1 min

Talle ongerymdhede in mynbou in Kunene

Die parlementêre staande komitee oor natuurlike hulpbronne het ernstige kommer uitgespreek oor beweerde onwettige mynbou deur buitelandse burgers by kleinskaalse mynbouterreine in die Kunene-streek. Tydens 'n besoek aan Opuwo het komiteelid en IPC-parlementêre leier Imms Nashinge gesê verslae dui daarop dat individue aktief in die gebied myn, maar daar was…
14 Aug 6AM 1 min