NNN verklaar 16-jarige Shimwaafeni nasionale held

Loading player...
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het die 16-jarige Cornelius Shimwaafeni as ‘n nasionale held verklaar ná hy onlangs ‘n tweeling van 9 maande van verdrinking gered het. Shimwaafeni was besig om vee in Omusati op te pas toe hy sien hoe die ma van die babas hulle in ‘n dam gooi. Hy het ingespring, hulle uitgehaal en noodhulp toegepas voor hy met hulle na nabygeleë cuca-winkels vir hulp gehaas het. Nandi-Ndaitwah het die seun se dapperheid Saterdag tydens die jaarlikse Omagongo-fees in die streek geloof:
24 May 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

IUM en NNF gaan saamwerk op bewaring, navorsing

Die Internasionale Universiteit van Bestuur, IUM, en die Namibië Natuurstigting het 'n ooreenkoms onderteken om samewerking in navorsing, bewaring, omgewingsopvoeding en volhoubare ontwikkeling te versterk. Dit is die eerste formele vennootskap tussen die twee instellings en vestig 'n raamwerk vir samewerking oor die volgende vyf jaar. Die ooreenkoms bied ook…
11 Jun 11PM 1 min

Trump kanselleer aanvalle op Iran, ooreenkoms voorlopig goedgekeur

Amerikaanse president Donald Trump het Donderdagaand op Truth Social gesê hy het aanvalle op Iran gekanselleer wat vir die aand geskeduleer was. Volgens hom is “besprekings en finale punte, in beide konsep en groot detail, deur alle betrokke partye goedgekeur”. Hy het vroeër die middag gesê Iran sou Donderdagaand hard…
11 Jun 11PM 1 min

Bafana verloor 2-0 teen Mexiko

Bafana Bafana-afrigter, Hugo Broos, sê hulle het oor die algemeen goed gespeel in hul Wêreldbeker-openingswedstryd teen die mede-gasheerland, Mexiko, maar glo hulle aanvalle was nie dreigend genoeg nie. Julian Quinones en Raul Jimenez se doele het Mexiko se 2-0 oorwinning oor Suid-Afrika beklink in ʼn wedstryd waar drie rooi kaarte…
11 Jun 11PM 1 min

Wêreldbeker-sokkertoernooi 'goeie bemarking vir SA toerisme'

Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, sê die Wêreldbeker-sokkertoernooi bied 'n waardevolle geleentheid om Suid-Afrika as 'n toonaangewende toerismebestemming in Mexiko te bemark. Sy het voor vanaand se openingswedstryd tussen Suid-Afrika en die mede-gasheer aan SABC News gesê sy wil meer reise tussen die lande bevorder. De Lille sê…
11 Jun 11AM 1 min