Namibië se groot karnivoorbevolkings is aan die afneem, met nuwe navorsing wat die land se jagluiperdbevolking op ongeveer 1 200 volwassenes en adolessente skat, af van 'n geraamde 1 500 in 2007. Dr. Laurie Marker, stigter en uitvoerende direkteur van die Cheetah Conservation Fund en voorsitter van die Large Carnivore…
Die All Blacks se volgende, en derde kragmeting in die Rugby’s Greatest Rivalry-toer is Saterdag teen die Bulle in Pretoria, voor volgende naweek se eerste toets teen die Springbokke op Ellispark. Tot dusver is hulle onoorwonne. Die president van die Suid-Afrikaanse Blou Bulle, Willem Strauss sê hulle is opgewonde om…
Die parlementêre staande komitee oor natuurlike hulpbronne het ernstige kommer uitgespreek oor beweerde onwettige mynbou deur buitelandse burgers by kleinskaalse mynbouterreine in die Kunene-streek. Tydens 'n besoek aan Opuwo het komiteelid en IPC-parlementêre leier Imms Nashinge gesê verslae dui daarop dat individue aktief in die gebied myn, maar daar was…
Woordvoerder van die gesondheidsministerie, Walters Kamaya, het herhaal dat medisyne wat nie by die Namibiese Medisyne Reguleringsraad geregistreer is of andersins wettiglik gemagtig is nie, in Namibië ingevoer, vervaardig, versprei, verkoop, geadverteer of verskaf mag word nie. Dit kom nadat die ministerie 'n toename in die invoer en verspreiding van…
Die kantoor van die Verenigde Nasies se Hoëkommissaris vir Menseregte het Israel se militêre operasies in die besette Wesoewer veroordeel en gesê die aanvalle op Palestyne hier is 'n nuwe laagtepunt. Israelse soldate het sowat 20 Palestynse gesinne na bewering om veiligheidsredes uit Qusra verwyder. Ajith Sunghay van die VN…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.