/Khomanin stem oor hoofvrou se verwydering

Loading player...
Die /Khomanin-gemeenskap het die afgelope naweek gestem oor of tradisionele leier, hoofvrou Juliane Gawa!Nas, uit haar amp verwyder moet word. Altesaam 139 stemme ten gunste van haar verwydering is uitgebring. In totaal het 156 mense op !Nauaspoort, ǂArovlei en Kharoxas hul kruisies getrek. Daar was vyf bedorwe stemme, terwyl die wegplekstem 12 beloop het. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die groep, Shaun Gariseb, gepraat:
26 May 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Qusra: VN veroordeel IDF, setlaars in besette Wesoewer

Die kantoor van die Verenigde Nasies se Hoëkommissaris vir Menseregte het Israel se militêre operasies in die besette Wesoewer veroordeel en gesê die aanvalle op Palestyne hier is 'n nuwe laagtepunt. Israelse soldate het sowat 20 Palestynse gesinne na bewering om veiligheidsredes uit Qusra verwyder. Ajith Sunghay van die VN…
14 Aug 5AM 1 min

Adams wil vir laster dagvaar, oor skootrekenaar

Die National Coloured Congress se leier, Fadiel Adams, sê hy wil die Parlement aankla van laster. Dit volg nadat die Parlement verklaar het sy rekords ondersteun nie Adams se bewerings voor die Madlanga-kommissie dat sy skootrekenaar stukkend was nie. Die Parlement sê hy het toegang tot ander toestelle gehad om…
14 Aug 5AM 1 min

ANC se parlementêre koukus sê ampsklagkomitee moet hofprosesse respekteer

Die ANC se parlementêre koukus sê die Konstitusionele Hof-beslissing oor president Cyril Ramaphosa se interdik bevestig dat geen parlementêre meerderheid, opposisieparty of politieke veldtog bo die wet verhewe is nie. Die hof het politieke partye en die ampsklagkomitee toestemming geweier om te appelleer teen ʼn tussentydse interdik wat openbare verhore…
14 Aug 3AM 1 min

Meer as verbintenisse nodig om voordeel uit mynbou te trek

Namibië se mynbou-ambisies belowe miljarde dollars in belegging en meer as 18 000 direkte werksgeleenthede, maar verbintenisse alleen sal nie transformasie teweegbring nie. Dit is volgens Vijay Jha, die hoofbedryfsbeampte by R&J Steytler Management Consultants, wat sê die werklike toets is of die regering 'n vinniger, meer voorspelbare sake-omgewing kan…
14 Aug 3AM 1 min

VSA trek die strop nouer om Iran

Amerika se minister van Finansies, Scott Bessent, sê hulle sal voortgaan om Iran ekonomies te isoleer en sy hawens te blokkeer. Verlede week het Amerika se Tesourie-departement se kantoor vir beheer oor buitelandse bates, sanksies ingestel op individue, beurse en maatskappye in verskeie lande wat beskuldig word dat hulle Iran…
14 Aug 3AM 1 min