Aussies bekommerd oor terreur-wending in land

Loading player...
Australië se hoofspioenasie-agentskap waarsku dat die terreurbedreiging in die land 'n kommerwekkende wending geneem het. Dit volg op die aanval op Bondi-strand tydens 'n Joodse Hanukkah-viering in Desember verlede jaar waarin 15 mense dood is. Die direkteur-generaal van die Australiese Veiligheidsintelligensie-organisasie, Mike Burgess, sê jare se toename in anti-Semitisme het bygedra tot hul besluit in Augustus 2024 om die nasionale terrorisme-bedreigingsvlak tot waarskynlik te verhoog:
26 May 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Qusra: VN veroordeel IDF, setlaars in besette Wesoewer

Die kantoor van die Verenigde Nasies se Hoëkommissaris vir Menseregte het Israel se militêre operasies in die besette Wesoewer veroordeel en gesê die aanvalle op Palestyne hier is 'n nuwe laagtepunt. Israelse soldate het sowat 20 Palestynse gesinne na bewering om veiligheidsredes uit Qusra verwyder. Ajith Sunghay van die VN…
14 Aug 5AM 1 min

Adams wil vir laster dagvaar, oor skootrekenaar

Die National Coloured Congress se leier, Fadiel Adams, sê hy wil die Parlement aankla van laster. Dit volg nadat die Parlement verklaar het sy rekords ondersteun nie Adams se bewerings voor die Madlanga-kommissie dat sy skootrekenaar stukkend was nie. Die Parlement sê hy het toegang tot ander toestelle gehad om…
14 Aug 5AM 1 min

ANC se parlementêre koukus sê ampsklagkomitee moet hofprosesse respekteer

Die ANC se parlementêre koukus sê die Konstitusionele Hof-beslissing oor president Cyril Ramaphosa se interdik bevestig dat geen parlementêre meerderheid, opposisieparty of politieke veldtog bo die wet verhewe is nie. Die hof het politieke partye en die ampsklagkomitee toestemming geweier om te appelleer teen ʼn tussentydse interdik wat openbare verhore…
14 Aug 3AM 1 min

Meer as verbintenisse nodig om voordeel uit mynbou te trek

Namibië se mynbou-ambisies belowe miljarde dollars in belegging en meer as 18 000 direkte werksgeleenthede, maar verbintenisse alleen sal nie transformasie teweegbring nie. Dit is volgens Vijay Jha, die hoofbedryfsbeampte by R&J Steytler Management Consultants, wat sê die werklike toets is of die regering 'n vinniger, meer voorspelbare sake-omgewing kan…
14 Aug 3AM 1 min

VSA trek die strop nouer om Iran

Amerika se minister van Finansies, Scott Bessent, sê hulle sal voortgaan om Iran ekonomies te isoleer en sy hawens te blokkeer. Verlede week het Amerika se Tesourie-departement se kantoor vir beheer oor buitelandse bates, sanksies ingestel op individue, beurse en maatskappye in verskeie lande wat beskuldig word dat hulle Iran…
14 Aug 3AM 1 min