AfriForum gaan hof toe oor Graaff-Reinet-naam

Loading player...
AfriForum het die Hooggeregshof in Pretoria genader om minister Gayton McKenzie se besluit om Graaff-Reinet se naam te verander, te hersien ná 'n kennisgewing in die Staatskoerant 21 voorgestelde naamsveranderinge gelys het. Alana Bailey van Afriforum voer aan die proses is ongrondwetlik, duur en die inwoners is daarteen gekant. Sy sê die stap kan toerisme benadeel en gemeenskapsverdeeldheid verdiep terwyl die aandag aflei word van diensleweringsuitdagings en bestuursmislukkings in die betrokke munisipaliteite:
27 May 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

VSA trek die strop nouer om Iran

Amerika se minister van Finansies, Scott Bessent, sê hulle sal voortgaan om Iran ekonomies te isoleer en sy hawens te blokkeer. Verlede week het Amerika se Tesourie-departement se kantoor vir beheer oor buitelandse bates, sanksies ingestel op individue, beurse en maatskappye in verskeie lande wat beskuldig word dat hulle Iran…
14 Aug 3AM 1 min

Ramaphosa ondersteun Eskom se herstruktureringsplan

President Cyril Ramaphosa sê die regering sal die proses om 'n volledig onafhanklike, staatsbeheerde transmissiemaatskappy te vestig, versigtig en verantwoordelik onderneem. Hy het die fase-een-verslag van die Eskom-herstruktureringstaakspan ondersteun, wat die haalbaarheid van die vestiging van 'n Transmissiestelseloperateur met netwerkbates uiteensit. Ramaphosa sê die proses moet die minimalisering van finansiële,…
14 Aug 3AM 1 min

Marikana-slagting 14 jaar gelede het niks vir mynwerkers gedoen nie

Die Workers and Socialist Party het sy oproep hernu vir 'n lewensvatbare loon en geregtigheid vir die slagoffers van die Marikana-slagting in Noordwes. Die party sê mynwerkers word steeds onderwerp aan lae lone, werkloosheid en swak lewensomstandighede, terwyl niemand aanspreeklik gehou is vir die moorde in 2012 nie. Met die…
14 Aug 2AM 1 min

Vroue moet verder gaan as net leierskap - NNN

President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê Afrika moet verder gaan as om sy eerste vroueleiers te vier en 'n pad oopmaak vir meer vroue om leierskaprolle te beklee. Sy het gepraat by die Ellen Johnson Sirleaf Sentrum vir Vroue en Ontwikkeling se Amujae Hoëvlak Leierskapsforum in Dakar, Senegal, waar 15 vroueleiers leierskap…
14 Aug 2AM 1 min

WGO het kommer oor Trump se aanpassings aan inentings

Die Wêreldgesondheidsorganisasie se direkteur-generaal, Tedros Adhanom Ghebreyesus, het kommer uitgespreek dat veranderinge aan die Verenigde State se immuniseringsbeleid nie ooreenstem met die beste beskikbare wetenskap nie. President Donald Trump het Maandag ʼn uitvoerende bevel onderteken wat kinders se roetine-inentings van 18 tot 11 verminder. Volgens die bevel word die gekombineerde…
14 Aug 12AM 1 min