Swapo het nie meer 'herwinbare' leiers vir Namcor nie - IPC

Loading player...
Die Nasionale Petroleumkorporasie van Namibië, Namcor, het Mtundeni Ndafyaalako in Maart as die waarnemende besturende direkteur van dié staatsonderneming aangestel. Hy het voorheen die amp beklee as die uitvoerende hoof van die opwaartse petroleumsektor van Namcor. Die amptelike opposisie, IPC, se parlementêre leier, Imms Nashinge, meen die regerende party het nie meer lede om in hoë posisies te "herwin" nie. Nashinge stel voor Namibië moet na die buiteland kyk om leiers in dié posisies aan te stel.
1 Jun 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

WGO het kommer oor Trump se aanpassings aan inentings

Die Wêreldgesondheidsorganisasie se direkteur-generaal, Tedros Adhanom Ghebreyesus, het kommer uitgespreek dat veranderinge aan die Verenigde State se immuniseringsbeleid nie ooreenstem met die beste beskikbare wetenskap nie. President Donald Trump het Maandag ʼn uitvoerende bevel onderteken wat kinders se roetine-inentings van 18 tot 11 verminder. Volgens die bevel word die gekombineerde…
14 Aug 12AM 1 min

FMD Response SA sê stryd teen bek-en-klouseer vorder

FMD Response SA het die eerste privaat aangekoopte bek-en-klouseer-entstowwe wat aan privaat veeartse gelewer word, verwelkom. Die organisasie glo die bekendstelling wys wat die regering en die privaat sektor kan bereik deur saam te werk. Andrew Morphew van die organisasie het die Departement van Landbou versoek om gereeld inligting te…
14 Aug 12AM 1 min

Afrikaans vandag 151 jaar terug gestig

Min organisasies in die Suider-Afrikaanse geskiedenis het so 'n diepgaande en blywende invloed gehad as die Genootskap van Regte Afrikaners. Die beweging, wat in 1875 in die Paarl gestig is, het 'n bepalende rol gespeel in die transformasie van Afrikaans van 'n gesproke dialek na 'n erkende skryftaal, en uiteindelik…
14 Aug 12AM 1 min

Kommer oor uiteenlopende aanslagte in Oranje-bekken

Die Suid-Afrikaanse politieke ontleder professor André Duvenhage waarsku dat die versuim om omgewingsregulasies in die Oranje-bekken streng af te dwing, ernstige streeksonstabiliteit kan veroorsaak. Met verwysing na die Mosambiek-gasramp, wat omgewingsontsteuring, geweld en opstandige misdaad veroorsaak het, dring Duvenhage daarop aan dat Afrika-leiers uit vorige foute moet leer. Sy waarskuwing…
14 Aug 12AM 1 min

Ombud eis raadpleging met gemeenskappe rakende Baynes

Ombudsman advokaat Basilius Dyakugha sê formele konsultasies vir die voorgestelde Baynes-hidroëlektriese dam van 1,5 miljard Namibiese dollar het nog nie plaasgevind nie, en het bevind dat vroeëre samesprekings omgewingswette geskend het. Dyakugha verwerp bewerings deur die projekbestuur dat daar geen formele besware bestaan nie, en dring daarop aan dat gemeenskappe…
14 Aug 12AM 1 min