AU se gesondheidsentrum vasbeslote vir Ebola-entstof

Loading player...
Die direkteur-generaal van die Afrika-sentrums vir Siektebeheer en -voorkoming, Jean Kaseya, sê beleggings in pandemievoorbereiding moet permanent oor die hele vasteland word. Dit volg terwyl die Demokratiese Republiek die Kongo en Uganda 'n Ebola-uitbreking beveg, met 263 aangemelde gevalle en 43 bevestigde sterftes tot dusver. Kaseya sê epidemies verswak voorsieningskettings, handel, beleggings en streekbestendigheid. Hy sê hulle is daartoe verbind om teen die einde van die jaar 'n entstof teen die nuwe Ebola-stam, Bundibugyo, te hê:
1 Jun 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Herrie is los oor toestande aan boord USS Abraham Lincoln

'n Bohaai het in Amerika losgebars oor die toestande aan boord van die vliegdekskip USS Abraham Lincoln, wat reeds vir meer as 250 dae in die Midde-Ooste ontplooi is. Demokratiese senator Richard Blumenthal, 'n lid van die Senaat-komitee vir gewapende dienste, het antwoorde van verdedigingsminister Pete Hegseth en die vloot…
13 Aug 11PM 1 min

Giwusa bepleit omgewingsgereedheid

Die vakbond Giwusa vra die regering om die gereedheid vir klimaats-noodgevalle drasties te verhoog, insluitend hittegolwe, erge oorstromings en storms wat in die komende maande verwag word. Die land het dié week erge kouefronte, swaar sneeuneerslae en ysige weer ervaar. Giwusa se president, Mametlwe Sebei, sê wetenskaplikes waarsku dat daar…
13 Aug 11PM 1 min

Madlanga hoor van R2,5 miljoen moord op Bevan Loftus

Die pa van die vermoorde KwaZulu-Natalse taxi- en insleepdiens-eienaar Bevan Loftus, Gregory, het voor die Madlanga-kommissie getuig sy seun het weggekruip nadat hy gehoor het die polisie-offisier Deena Govender wil hom laat doodmaak. Een van sy mededingers, Clive Nica, het Govender na bewering 2,5-miljoen Suid-Afrikaanse rand aangebied vir die moord…
13 Aug 11AM 1 min

Visserye-minister rig korrupsie-waarskuwing

Die minister van visserye, Inge Zaamwani, het amptenare gewaarsku teen begunstiging by die toekenning van visvangregte en -kwotas. Sy het opnuut klem gelê op die ministerie se pogings om maatreëls te verskerp wat korrupsie in Namibië se visserysektor moet voorkom, en het gepleit vir streng beheer en deursigtigheid. Sy het…
13 Aug 11AM 1 min