McKenzie boos oor Bafana visum-chaos

Loading player...
Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, het bevestig al 26 Bafana Bafana-spelers het nou hul visums ontvang en reis vandag na Noord-Amerika vir die Wêreldbekertoernooi. Hulle was veronderstel om gister te vertrek, maar dis vertraag weens 'n administratiewe visumfout. Die hulpafrigter, spandokter, hoof van sekerheid en 'n ontleder wag steeds op visums. Die adjunkminister van Sport, Kuns en Kultuur, Peace Mabe, sê koppe moet rol:
1 Jun 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Wêreldbeker-sokkertoernooi 'goeie bemarking vir SA toerisme'

Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, sê die Wêreldbeker-sokkertoernooi bied 'n waardevolle geleentheid om Suid-Afrika as 'n toonaangewende toerismebestemming in Mexiko te bemark. Sy het voor vanaand se openingswedstryd tussen Suid-Afrika en die mede-gasheer aan SABC News gesê sy wil meer reise tussen die lande bevorder. De Lille sê…
11 Jun 11AM 1 min

Kanadese wet beperk sosiale media vir onder-16s

Die Kanadese regering het die Wet op Veilige Sosiale Media ingestel om sosiale media platforms en kunsmatige-intelligensie-dienste aanspreeklik te hou en toegang vir kinders onder 16 te beperk. Ouers en aktiviste vra die versterking van kinders se aanlyn veiligheid en ander lande oorweeg soortgelyke wetgewing. Die minister van Kultuur, Marc…
11 Jun 11AM 1 min

Gemeenskapslede vang vermeende MTC-toerustingdief

'n Dramatiese gemeenskapsgeleide agtervolging in Okomumbonde in die Otjinene-kiesafdeling het gelei tot die arrestasie van 'n verdagte in vandalisme en toerusting-diefstal vanaf 'n MTC-netwerkterrein. Inwoners het voetspore vir byna 28 kilometer gevolg om sy skuilplek op te spoor en die owerhede te waarsku. Vyf inwoners het die soektog begin nadat…
11 Jun 10AM 1 min

IPC het vrae oor Telecom se nuwe vesel-ooreenkomste

Die tydsberekening van twee groot veselinfrastruktuurooreenkomste wat deur Telecom Namibia se uittredende uitvoerende hoof, Stanley Shanapinda onderteken is, is in die Nasionale Vergadering bevraagteken. Die kontrakte, wat aan Demshi Investment Holdings en Lightstruck Limited toegeken is om Telecom se veselnetwerk uit te brei, is kort voor Shanapinda se geskeduleerde vertrek…
11 Jun 10AM 1 min