
Duitsers help in bekamping van tienerswangerskappe
Loading player...
Die Namibia Planned Parenthood Association se Pamwe-projek het 'n hupstoot van 1,9 miljoen Namibiese dollar van die Duitse ambassade ontvang om seksuele en reproduktiewe gesondheidsregte onder adolessente en jongmense in die Kavango-, Kunene- en Omusati-streke te bevorder. Gundula Perry, die ambassade se woordvoerder, sê die befondsing is as noodsaaklik beskou weens Namibië se hoë tienerswangerskapsyfer van 82 per 1 000 meisies tussen 15 en 19 jaar oud.

