Die hoofinspekteur van Gautengse Verkeer, Samuel Mashaba, is voor die Madlanga-kommissie uitgevra oor sy hantering van 'n voorval met 'n vragmotor wat 715-kilogram kokaïen van 'n geraamde 300-miljoen Suid-Afrikaanse rand vervoer het. Die dwelms was in 'n skeepsvraghouer versteek en is in Julie 2021 onderweg van Durban na Johannesburg nagespoor…
Israeliese aanvalle in Libanon het tot dusver in die jongste ronde oorlog amper 4 000 burgerlikes se lewens geëis. Intussen skiet die VSA weer op Iran en Iran skiet op Amerikaanse instellings by sy bure. Die Israeliese premier Benjamin Netanyahu sê sy stryd teen Hisbolla sal voortduur tot die Iran-gesteunde…
Die Vereniging van Staatsamptenare vra die regering om dringend 'n gemengde werksmodel in die staatsdiens in te stel, in die lig van stygende lewenskoste en finansiële druk op werknemers. Die vakbond sê staatsamptenare is onder druk weens brandstof-, voedsel-, elektrisiteit- en mediese fonds-verhogings, en onlangse salarisaanpassings is nie genoeg nie…
Die leier van die Konserwatiewe Party in die Verenigde Koninkryk Kemi Badenoch het kommer uitgespreek oor die rassistiese ondertone van die geweld in Belfast in Ierland. Sy sê terwyl sy erken dat as iemand aangeval word oor hulle velkleur dat dit rassisme is maar, sy sê dit is nie waar…
Die Namibiese Nasionale Studente-organisasie het die regering se toewysing van 247 miljoen Namibiese dollar aan Nsfaf vir uitstaande nie-onderrigbetalings verwelkom, maar sê die stap moet gepaard gaan met blywende hervormings. Woordvoerder Jessy Abraham sê hoewel studente bemoedig word deur die verskuiwing na daaglikse uitbetalings, bly die organisasie bekommerd oor herhalende…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.