
Besproeiing by Hardap sal nou hervat na kanaal opgeknap is
Loading player...
Die Hardap-besproeiingskema se waterverbruik is tans effektief nul weens 'n kanaalsluiting. Kosmos 94.1 Nuus het met Dawie De Klerk, die voorsitter van die Hardap-boerevereniging gepraat, wat sê dat hulle in samewerking met NamWater die kanaal tot Dinsdagoggend leeg- en drooggemaak het sodat noodsaaklike strukturele instandhouding en herstelwerk kon plaasvind.

