SAPD het geen prosedure vir voorkeer van vraghouers nie

Loading player...
'n Geheime luitenant-kolonel in die SAPD, Justice Jabulani Duma het aan die Madlanga-kommissie gesê daar is geen amptelike dokument wat 'n formele prosedure uiteensit vir die voorkeer van vraghouers tydens wetstoepassingsoperasies nie. Duma het gesê beamptes maak staat op gevestigde operasionele praktyke wanneer hulle op inligting reageer. Duma het verduidelik ondersoekbeamptes moet met depot-operateurs skakel om inspeksies te reël. Hy het gesê hy het nog nooit tydens sy diens 'n depot teëgekom wat 'n polisie-inspeksieversoek geweier het nie:
3 Jun 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Oproepe vir buigsame werksmodel vir SA se staatsamptenare

Die Vereniging van Staatsamptenare vra die regering om dringend 'n gemengde werksmodel in die staatsdiens in te stel, in die lig van stygende lewenskoste en finansiële druk op werknemers. Die vakbond sê staatsamptenare is onder druk weens brandstof-, voedsel-, elektrisiteit- en mediese fonds-verhogings, en onlangse salarisaanpassings is nie genoeg nie…
11 Jun 6AM 1 min

Badenoch sê Belfast se fokus moenie ras wees nie

Die leier van die Konserwatiewe Party in die Verenigde Koninkryk Kemi Badenoch het kommer uitgespreek oor die rassistiese ondertone van die geweld in Belfast in Ierland. Sy sê terwyl sy erken dat as iemand aangeval word oor hulle velkleur dat dit rassisme is maar, sy sê dit is nie waar…
11 Jun 6AM 1 min

Nanso reageer op N$247m aan Nsfaf

Die Namibiese Nasionale Studente-organisasie het die regering se toewysing van 247 miljoen Namibiese dollar aan Nsfaf vir uitstaande nie-onderrigbetalings verwelkom, maar sê die stap moet gepaard gaan met blywende hervormings. Woordvoerder Jessy Abraham sê hoewel studente bemoedig word deur die verskuiwing na daaglikse uitbetalings, bly die organisasie bekommerd oor herhalende…
11 Jun 6AM 1 min

Namcor het regeringswaarborg gevra daarom kry Vitol kontrak

Energieminister Modestus Amutse het in die parlement weereens die regering se besluit verdedig om Vitol as die enigste brandstofverskaffer vir 'n tydperk van drie maande aan te stel. Hy sê dat sommige maatskappye, insluitend die staatsbeheerde Namcor, regeringswaarborge gevra het wat die owerhede nie bereid was om te verskaf nie…
11 Jun 6AM 1 min

Kommer oor indiening van verslae deur plaaslike owerhede

Die kantoor van die ouditeur-generaal het kommer uitgespreek oor die toenemende versuim deur dorps-, stads- en streekrade om finansiële verslae in te dien. Tydens die Interne Ouditbewustheidsdag wat deur die Bank van Namibië aangebied is, sê die direkteur van die aanwasgebaseerde ouditdirektoraat, Blessing Nyandoro, dat die nie-indiening van finansiële state…
11 Jun 6AM 1 min