Die Vereniging van Staatsamptenare vra die regering om dringend 'n gemengde werksmodel in die staatsdiens in te stel, in die lig van stygende lewenskoste en finansiële druk op werknemers. Die vakbond sê staatsamptenare is onder druk weens brandstof-, voedsel-, elektrisiteit- en mediese fonds-verhogings, en onlangse salarisaanpassings is nie genoeg nie…
Die leier van die Konserwatiewe Party in die Verenigde Koninkryk Kemi Badenoch het kommer uitgespreek oor die rassistiese ondertone van die geweld in Belfast in Ierland. Sy sê terwyl sy erken dat as iemand aangeval word oor hulle velkleur dat dit rassisme is maar, sy sê dit is nie waar…
Die Namibiese Nasionale Studente-organisasie het die regering se toewysing van 247 miljoen Namibiese dollar aan Nsfaf vir uitstaande nie-onderrigbetalings verwelkom, maar sê die stap moet gepaard gaan met blywende hervormings. Woordvoerder Jessy Abraham sê hoewel studente bemoedig word deur die verskuiwing na daaglikse uitbetalings, bly die organisasie bekommerd oor herhalende…
Energieminister Modestus Amutse het in die parlement weereens die regering se besluit verdedig om Vitol as die enigste brandstofverskaffer vir 'n tydperk van drie maande aan te stel. Hy sê dat sommige maatskappye, insluitend die staatsbeheerde Namcor, regeringswaarborge gevra het wat die owerhede nie bereid was om te verskaf nie…
Die kantoor van die ouditeur-generaal het kommer uitgespreek oor die toenemende versuim deur dorps-, stads- en streekrade om finansiële verslae in te dien. Tydens die Interne Ouditbewustheidsdag wat deur die Bank van Namibië aangebied is, sê die direkteur van die aanwasgebaseerde ouditdirektoraat, Blessing Nyandoro, dat die nie-indiening van finansiële state…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.