Nuwe skietstilstand tussen Israel en Hisbolla

Loading player...
Israel en Libanon het ooreengekom om ʼn hernude skietstilstand in te stel wat onder meer vereis dat alle aanvalle deur die Iran-ondersteunde Hisbolla-groep gestaak word. Die ooreenkoms volg nadat minstens nege mense gister in Israelse aanvalle in die suide van Libanon gesterf het, en Hisbolla vuurpyle op die noorde van Israel afgevuur het. Amerika se minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, sê hulle hoop om ʼn plan van aksie in te stel vir veiligheid in Libanon, maar onafhanklik van Hisbolla:
4 Jun 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Inflasie klim weer, nou op 4,1%

Lewenskostes bly styg in Namibië. Die jongste syfers van die Namibiese Statistieke-agentskap toon dat die jaarlikse inflasiekoers in Mei tot 4,1 persent gestyg het, teenoor 3,1 persent in April en 2,1 persent in Maart. Vervoer het in Mei 11,5 persent bygedra. Sonale inflasie het ook baie gewissel met Khomas wat…
11 Jun 5AM 1 min

Nigeriërs wat gerepatrieer is was almal ongedokumenteer

Die Departement van Binnelandse Sake sê nie een van die 268 Nigeriese burgers wat Woensdagaand uit die land gesit is, was wettig in Suid-Afrika nie. Sowat ʼn duisend Nigeriërs het geregistreer om voor teenmigrante-groepe se sperdatum van 30 Junie gerepatrieer te word, en 500 het goedkeuring gekry. Van die 500…
11 Jun 5AM 1 min

Lamola waarsku oor waninligting rakende xenofobie

Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê hy erken onlangse spanning oor buitelanders het Suid-Afrika se verhoudings in Afrika geraak, maar waarsku teen waninligting. Volgens berigte uit Ghana is twee Nigeriërs dood en 15 Ghanese in die hospitaal opgeneem nadat hulle tydens onlangse betogings teen buitelanders aangerand…
11 Jun 4AM 1 min

Trump is 'mal oor die hoë inflasie'

Amerikaanse president Donald Trump sê hy is mal oor die hoë inflasie in die VSA, terwyl pryse in Mei teen die vinnigste tempo in drie jaar gestyg het. Hy het tydens 'n perskonferensie in die Oval Office gesê die "syfers is puik" toe hy gevra is oor die Buro vir…
11 Jun 4AM 1 min

Naretu beding mooi by Plastic Packaging

Na vorige dooiepunte oor werknemersvoordele en lone het Plastic Packaging en die Namibiese Revolusionêre Vervoer- en Vervaardigingsunie suksesvol prosedurele en loonooreenkomste onderteken. Kosmos 94.1 Nuus het met die vakbond se Petersen Kambinda gepraat, wat sê dat die bereiking van loonbelyning vir werkers 'n groot oorwinning was.
11 Jun 3AM 1 min