
Marokko steek SA verby as Afrika se mees geïndustrialiseerde ekonomie
Loading player...
Die Vryheidsfront Plus sê Suid-Afrika se nywerheidsmededingendheid verswak steeds. Dit volg nadat nuwe bevindinge deur die Afrika-Ontwikkelingsbank toon Marokko het Suid-Afrika verlede jaar as Afrika se mees geïndustrialiseerde ekonomie verbygesteek. Die party blameer probleme soos kragonderbrekings, korrupsie, beleidsonsekerheid en swak ekonomiese bestuur vir die afname in vervaardiging en belegging. Jaco Mulder van die party waarsku Suid-Afrika kan sonder verandering verdere deïndustrialisering en langtermyn ekonomiese stilstand ervaar:

