
Omvattende operasionele plan om xenofobie te bekamp
Loading player...
Die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur het ʼn omvattende operasionele plan geaktiveer ná onluste oor ongedokumenteerde migrante in dele van die land uitgebreek het. Die plan fokus op drie areas: groter sigbaarheid en vermoë om vinnig te ontplooi, intelligensie-gedrewe operasies, en geteikende operasies om misdaad te bekamp. Brandpunte soos die Wes-Kaap, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap word gemonitor. Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, sê geen omstandighede regverdig moord, vernietiging van eiendom, xenofobiese aanvalle of ander misdadige optrede nie:

