
Tuinroete loop weer deur onder swaar reën, verspoelings
Loading player...
Die Tuinroete-distriksmunisipaliteit het inwoners en toeriste aangeraai om verspoelde paaie, laagwaterbrûe en rivieroewers te vermy terwyl swaar reën in dele van die Wes-Kaap voortduur. Drie-en-negentig inwoners van De Rust en Welgeluk is Woensdag ontruim en na die Toekomsrus-gemeenskapsaal geneem. Die munisipaliteit se woordvoerder, Herman Pieters, sê rotsstortings is ook op die N12 naby die Chandelier-wildreservaat aangemeld:

