
Hoë bankfooie en -koste 'knou die publiek'
Loading player...
Hoewel kommersiële banke begin het om sekere bankfooie en -kostes te hersien, kla die publiek steeds dat dit te hoog is. Die Bank van Namibië se goewerneur, Ebson Uanguta, het aan die parlementêre staande komitee oor ekonomie erken dat bankfooie 'n uitdaging bly, maar dat dit tyd sal neem om dit te verlaag terwyl nuwe regulasies geïmplementeer word. Verbruikerskenner en -regte-aktivis Milton Louw het met Kosmos 94.1 Nuus oor die kwessie gesels.

