
Toelae sal betaal word aan diegene met regte papierwerk: minister
Loading player...
Finansminister Ericah Shafudah doen 'n beroep op geduld nadat meer as 15 800 begunstigdes van maatskaplike toelaes tydelik uit die stelsel verwyder is weens verifikasieprobleme. Die stap het kommer gewek oor die integriteit van Namibië se maatskaplike toelaeprogram. Shafudah het egter vanmiddag in die parlement gesê dat geaffekteerde en wettige ontvangers terugbetaal sal word sodra hul besonderhede geverifieer is en voordele herstel is.

