
Protes teen laat Nsfas-betalings môre gaan voort
Loading player...
Die vertraging in Nsfaf-betalings is steeds in die nuus en die kwessie verdiep. Nanso beplan 'n protesaksie vir môre, 5 Junie. Dit kom nadat vergaderings tussen owerhede en die organisasie Dinsdag ‘n dooiepunt bereik het. Die studente dring aan op onmiddellike uitbetaling van alle uitstaande nie-klasgelde terwyl die ministerie sê dit begin volgende week in fases. Nanso-president Dorthea Nangolo het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê hulle is besig om studente te mobiliseer.

