Suid-Afrikaners moet hulle aan Grondwet verbind

Loading player...
Die adjunk-justisieminister in die buurland, Andries Nel, het die Grondwet as beide 'n viering van Suid-Afrika se demokratiese prestasies en wekroep tot aksie beskryf. Hy het 'n gesamentlike sitting van die Parlement toegespreek om die 30ste herdenking van die aanneming van die Grondwet te herdenk. Nel het Suid-Afrikaners aangemoedig om hulle weer opnuut aan die Grondwet te verbind en aktief deel te neem om die land se demokrasie te versterk:
5 Jun 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Bouvertroueindeks in SA daal

Die Bouvertroueindeks van die FNB Buro vir Ekonomiese Navorsing, toon Suid-Afrika se konstruksiesektor was in die tweede kwartaal van 2026 meer pessimisties, en het van 42 in die vorige kwartaal tot 38 gedaal. Die FNB-ekonoom, Siphamandla Mkhwanazi, sê die afname hou verband met swakker bouaktiwiteit, laer winsgewendheid en stygende koste,…
11 Jun 2AM 1 min

Guterres lui alarm oor Midde-Ooste

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, waarsku oor die gevolge van toenemende geweld in die Midde-Ooste en vra volle ondersteuning vir ʼn tweestaat-oplossing. Vredesonderhandelinge tussen Amerika en Iran het tans ʼn dooiepunt bereik terwyl onlangse aanvalle dreig om die vordering wat reeds gemaak is, te ontspoor. Guterres het die…
11 Jun 2AM 1 min

Uitgelekte epos wys hoe amptenaar vir boere met BKS lag

AfriForum is ontstel nadat 'n uitgelekde epos wys hoe 'n senioramptenaar in die Departement van Landbou boere spot wat tydens die bek-en-klouseer-uitbreking om hulp vra. Die burgerregte-organisasie sê die regering was te stadig om op te tree en hou te veel beheer oor entstowwe. Lambert de Klerk van AfriForum wil…
11 Jun 1AM 1 min

PG-werwing nou kontroversieel

Die werwingsproses om Namibië se volgende aanklaer-generaal aan te stel, is in kontroversie gedompel na bewerings van kandidate dat die Regterlike Dienskommissie hulle getoets het op materiaal wat heeltemal verskil van die verskafde onderhoudsomvang. Dit volgens Namibian Sun. Dus het die kommissie besluit om die werwingsproses oor te beginVan die…
11 Jun 1AM 1 min

Nog twee voertuie skryf vir Tara in

Nog voertuie het ingeskryf vir die 56ste Tara Shell V-Power-tydren. Dit begin vanaand om agtuur by die Tony Rust-renbaan met die eerste twee trajekte. Francois Lottering het meer.
11 Jun 1AM 1 min