
IPPR bekommerd oor deursigtigheid met tenders
Loading player...
Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing spreek kommer uit oor die swak nakoming van beplanningsvereistes vir openbare verkryging, nadat slegs 87 uit 260 verkrygingsaktiwiteite vir die 2026/2027-boekjaar gepubliseer is. Dit is slegs 33 persent. IPPR-navorser Frederico Links het Vrydag die syfers bekend gemaak en die Eenheid vir Openbare Verkryging in die Ministerie van Finansies gekritiseer omdat dit voortdurend daarin faal om voldoende nakoming te verseker.

