
Nuwe neonatale eenheid in Swakopmund open deure
Loading player...
Moeders van vroeggebore en kritiek siek pasgebore babas in die Erongo-streek sal nie meer na Windhoek hoef te reis vir gespesialiseerde behandeling nie. Dit kom nadat 'n moderne neonatale eenheid van 26,6 miljoen Namibiese dollar vanoggend amptelik in Swakopmund geopen is. Erongo-goewerneur Nathalia /Goagoses sê die nuwe fasiliteit met 28 beddens, waarvan die konstruksie in 2020 begin het, is toegerus om standaard-, hoësorg- en intensiewe neonatale dienste te bied, tesame met akkommodasie vir moeders om tydens behandeling naby hul babas te bly.

