
Boere moet reagens-sake in orde kry
Loading player...
Die Lewendehawe en Lewendehawe-produkteraad herinner uitvoerders dat uitvoerpermitte geblokkeer sal word vir alle veeboere en -uitvoerders wat reagens-toetsstelselgelde skuld. Geen uitvoerpermitte sal uitgereik word totdat alle uitstaande bedrae ten volle betaal en geverifieer is nie. Reagenstoetsing is 'n kritieke stap in die uitvoerproses wat verseker dat vee vry is van gevaarlike siektes en voldoen aan die streng gesondheidsvereistes van invoerlande. Dit beskerm dus Namibië se reputasie as 'n betroubare vleisuitvoerder wêreldwyd. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Anja Boshoff, die raad se uitvoerende hoof van vleisstandaarde gepraat, wat sê nie-betaling veroorsaak dat toetse nie gedoen kan word nie.

