
Mansgesondheidsmaand: wat is die gevaartekens van depressie en angs?
Loading player...
Junie is Mansgesondheidsmaand, en hoewel vroue meer dikwels met toestande soos depressie en angs gediagnoseer word, wys navorsing dat baie mans stilweg worstel en dikwels eers hulp soek wanneer hulle reeds in 'n krisis verkeer. Volgens kenners sal een uit elke vyf mans op een of ander stadium in sy lewe angs ervaar, terwyl een uit elke agt met depressie sal worstel. Ons gesels vandag met psigiater Dr Alicia Swart oor mans se geestesgesondheid, die uitdagings wat hulle ervaar, en waarom dit so belangrik is om die stigma rondom emosionele welstand te breek.

