Andriëtte gesels met Venita oor haar Top 4 wat sy gekies het vir die FAK Skryf'it - liedjieskryfkompetisie. Sy vertel waarom hierdie vier vir haar uitgestaan het, en wat haar denkwyse as ghoeroe vir hierdie jaar is.
Venita gesels met Lowell (Grant Garcia) in sy heel eerste Suid-Afrikaanse onderhoud! Hy vertek oor sy reis as akteur, filmmaker en musikant, die storie agter sy debuut-enkelsnit "July", én sy eerste EP, "Learning To Drive."
Venita gesels ons met die Suid-Afrikaansgebore sanger en liedjieskrywer Adam Boyd oor sy aangrypende nuwe enkelsnit, "Hallelujah". Nou woonagtig in die Verenigde Koninkryk, deel Adam die persoonlike verhaal agter die lied – 'n viering van herinneringe, liefde en die blywende nalatenskap van die mense wat ons gevorm het.
Rudi Kleineld het kom draai by #ALT-Fokus met Venita om meer te vertel van sy nuwe enkelsnit ‘Polariteit’. Hy deel ook meer van wat hy met sy musiek wil bereik… én hoekom hy sy koffie swart drink!
Loufi gesels saam met Venita op #WeeksdaeVibes oor sy nuwe enkelsnit, “Huis Toe”. Hy vertel wie en waar sy “huis” is, én waarom hy sy hart oopmaak deur sy musiek vir mense wat genesing en hoop daarin vind.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.