#WeeksdaeVibesMetVenita - Manfred Zipfel | 22 Junie 

Loading player...
Manfred Zipfel het onlangs sy nuutste enkelsnit, Colours of the Earth, vrygestel – ’n kragtige en emosionele liedjie met ’n belangrike boodskap oor ons verhouding met die aarde en die verantwoordelikheid wat ons dra om dit te beskerm. Hy gesels met Venita oor hierdie enkelsnit en deel meer oor sy unieke benadering tot musiekmaak, en waarom dit vir hom belangrik is om musiek te skep wat nie net vermaak nie, maar ook inspireer en mense laat dink.
22 Jun English South Africa Music · Music Interviews

Other recent episodes

#ALT-Fokus - Basson Laas | 6 Augustus 

Basson Laas is hierdie week Venita se #HOOF-Fokus op #ALT-Fokus! Hy gesels oor sy nuutste enkelsnit 'Every River' en speel ook vir ons 'n paar liedjies LIVE in die ateljee. 
6 Aug 39 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Deon GROOT | 4 Augustus

Venita 'check in' by Deon Groot om vir hom 'n GROOT geluk te sê met sy SAMA nominasie vir Beste Pop Album. Hy vertel meer oor wat 'Seisoene' die album vir hom beteken het die afgelope jaar en wat hy nog beplan met sy musiek.
4 Aug 7 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Daniel John | 28 Julie 

Daniel John bring die VIBES op ‘n DANSdag!!! Hy gesels met Venita op #WeeksdaeVibes oor sy nuutste enkelsnit ‘Believer’ en gee ook ons die kans om EKSKLUSIEF na sy volgende enkelsnit ‘Somebody To Hold’ te luister!
28 Jul 32 min