Maak Spore met Michelle Loubser | Die Krag van Drama, Kreatiwiteit en Selfvertroue

Loading player...
Vandag gesels Elmero Strauss met Michelle Loubser, 'n dramaklub-onderwyseres wat jongmense inspireer om hul talente te ontdek, selfvertroue te bou en hul kreatiwiteit te ontwikkel. Hulle praat oor haar passie vir die kunste, die verskil wat drama in jongmense se lewens maak, en hoe elkeen van ons spore in ander se lewens kan los. Luister saam na 'n inspirerende Namibiese gesprek oor groei, invloed en die krag van kreatiewe uitdrukking.
30 Jun 10AM Afrikaans South Africa Arts

Other recent episodes

Jean-Louis gesels met Silas Timoteus oor die Sokkerwêreldbeker

Jean-Louis gesels met Silas Timoteus, Namibiese sokkerjoernalis, ontleder en stigter van Footy Namibia, een van die land se voorste sokkermediaplatforms. Hulle bespreek die Sokkerwêreldbeker, die gunstelinge om die toernooi te wen, die grootste praatpunte en wat ondersteuners kan verwag. Met Silas se insiggewende ontleding en uitgebreide kennis van die spel…
1 Jul 10AM 7 min

Juanita du Plessis gesels met Jean-Louis oor Hierdie Oomblik

Juanita du Plessis gesels met Jean-Louis Knouwds oor haar splinternuwe album, Hierdie Oomblik, wat nou op alle digitale platforms beskikbaar is. Sy deel die inspirasie en stories agter die liedjies, vertel meer oor haar nuwe fokuslied, "Bly In Jou Baan", en gee luisteraars 'n voorsmakie van wat hulle in die…
1 Jul 7AM 9 min

Sokkerwêreldbeker Gesprek met Russell | Ervaring van Engeland tot Namibië

Jean-Louis Knouwds gesels met Russell, 'n ervare sokkerman wie se reis van Suid-Londen se akademiesokker tot die Namibiese voetbalgemeenskap strek. Met jare se ervaring as speler, afrigter en toegewyde ondersteuner van Engelse sokker deel hy sy insigte oor die Sokkerwêreldbeker, die ontwikkeling van spelers en die spel se invloed op…
30 Jun 10AM 6 min

Diere Maniere met Dr. Theuns Laubscher - 29 Junie 2026

JP Nel gesels met Dr. Theuns Laubscher oor alles wat met diere te doen het in hierdie insiggewende en boeiende program. Skakel elke Maandag om 16:45 in vir gesprekke oor troeteldiere en wild, met fokus op gedrag, sorg, praktiese wenke en fassinerende feite wat elke diereliefhebber sal waardeer.
30 Jun 1AM 5 min