'n Opvolg vraag oor intimiteit neem 'n interesante draai...

Loading player...
Na die vorige gesprek met Madeleen Steenkamp, het 'n luisteraar se vraag ingekom:
Die raad is gevolg, hul het gepraat en 'n middeweg gevind... maar hoe nou gemaak as die 1 maat dan nie by die beplanning wil hou nie?
Pulane en Madeleen se gesprek neem dan ook 'n dieper draai, waar hul 'n bietjie gesels oor 'fetish', en hoe om dit te hanteer.
6 Jul Afrikaans South Africa Leisure · Personal Journals

Other recent episodes

Het julle dalk ook 'n 3de party in jul verhouding?

Pulane Nel-Sekepe en Madeleen Steenkamp gesels oor wie en wat alles as 'n 3de party kan indring op jou verhouding, en dit is nie noodwending 'n verneuk storie nie. Hoe jy dit hanteer as dit 'n probleem gaan raak gaan 'n groot impak hê op jou maat se reaksie, en…
5 Aug 7 min

Seer met intimiteit... is dit normaal of nie?

Madeleen Steenkamp, kliniese sielkundige van Bloemfontein, gesels met Pulane Nel-Sekepe oor 'n ongemaklike, maar belangrike onderwerp. Baie jong paartjies wat hulself vir die huwelik gespaar het, beleef 'n moeilike en hartseer wittebrood omdat daar fisiese, mediese en selfs sielkundige redes kan wees waarom intimiteit só pynlik is dat dit byna…
4 Aug 9 min

Slaaf, Baas of Spanmaats - Wie doen wat in die huis?

In die ou dae het manlief gewerk en vroulief was tuis. Die algehele tradisionele denke is dan dat vroulief wat tuis is moet kosmaak en skoonmaak en kinders grootmaak. Maar In vandag se tyd werk altwee... So wie moet dan nou daardie verantwoordelikheid kry vir huis take? Madeleen Steenkamp en…
3 Aug 10 min

Hoeveel verskil jou behoeftes van jou maat sin?

Pulane Nel-Sekepe deel 'n brokkie uit haar eie verhouding met ons, oor hoe haar en haar man se behoeftes verskil, en vra Madeleen Steenskamp se raad op die gebied. Madeleen verduidelik mooi dat 'spesies' verskil, en as ons kan aanvaar dat 'n hond wil gaan stap as behoefte, maar 'n…
30 Jul 9 min

Ervaar jy geaardheidsveranderinge tydens familiebyeenkomste?

Pulane Nel-Sekepe en Madeleen Steenkamp bespreek 'n vraag wat vanaf 'n luisteraar ingekom het. Hoe gemaak as jou lewensmaat skielik snaaks, ongeskik, of buite karakter optree gedurende familiebyeenkomste? Hoe benader jy so 'n gesprek met jou maat, om seker te maak jy verstaan dalk die rede agter dit.
3 Jul 9 min