
VERSKILMAKERS: Kairos Torch
Loading player...
Baie mense dink gevangenisbediening gaan net oor 'n enkele besoek of boodskap van hoop, maar organisasies soos Kairos Prison Ministry stap vir maande lank 'n pad saam met jongmense wat in aanhouding is. Deur mentorskap, geloofsontwikkeling en praktiese ondersteuning help hulle hierdie jongmense om nuwe hoop, doelgerigtheid en 'n tweede kans in die lewe te vind. Ons gesels vandag met Vanessa Blundell van Kairos Torch Emthonjeni oor hierdie besondere bediening.

