ATKV Applous: Lesedi Primary School dring deur na finaal

Loading player...
Die Lesedi Primary School-koor van Soshanguve het vir die tweede jaar agtereenvolgens deurgedring na die ATKV Applous-koorkompetisie se nasionale eindronde in Kaapstad.
Vir hierdie leerders is dit 'n ongelooflike prestasie, maar hulle het steeds finansiële ondersteuning nodig om hul droom te verwesenlik. Vandag gesels ons met die koor se dirigent, Zoliswa Zikalala, oor hierdie inspirerende reis.
9 Jul 6AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

Snoete-goete: Community Pets

Elke troeteldiereienaar se grootste vrees is dat hul hond of kat eendag verdwyn. Gelukkig maak tegnologie dit al makliker om verlore troeteldiere weer met hul gesinne te herenig. Community Pets is 'n Suid-Afrikaanse toepassing wat gemeenskappe, veeartse, diereskuilings en troeteldiereienaars saambring om verlore en rondlopende diere vinniger op te spoor…
10 Jul 4AM 6 min

VERSKILMAKERS: Kairos Torch

Baie mense dink gevangenisbediening gaan net oor 'n enkele besoek of boodskap van hoop, maar organisasies soos Kairos Prison Ministry stap vir maande lank 'n pad saam met jongmense wat in aanhouding is. Deur mentorskap, geloofsontwikkeling en praktiese ondersteuning help hulle hierdie jongmense om nuwe hoop, doelgerigtheid en 'n tweede…
9 Jul 6AM 7 min

ABC van Ouerskap - H: Huwelik

Ins ons ABC van Ouerskap-reeks kyk ons na H vir Huwelik. Sarina gesels met Danica Freimond, ’n geregistreerde maatskaplike werker en haar man, Sean oor die belangrike rol wat ’n gesonde huwelik speel in die vorming van ’n gesonde gesin en hoe om intensioneel tyd te maak vir die huwelik.
7 Jul 6AM 15 min

Toksiese verhoudings: Louis Venter

Hoe weet jy wanneer 'n verhouding net deur 'n moeilike tyd gaan, en wanneer dit eintlik toksies geword het? Of dit nou 'n liefdesverhouding, vriendskap of selfs 'n werksverhouding is, toksiese dinamika kan 'n groot impak op ons emosionele welstand hê. Vandag gesels ons met verhoudingsterapeut Louis Venter van CouplesHelp…
6 Jul 6AM 18 min

Snoete-goete: Be Wise Sterilise

Elke jaar beland duisende ongewenste honde en katte in dierewelsynsorganisasies, en baie kry ongelukkig nooit 'n permanente tuiste nie. Een van die doeltreffendste maniere om diereleed te voorkom en oorbevolking te beperk, is sterilisasie. Dit hou nie net voordele vir die dier se gesondheid in nie, maar dra ook by…
3 Jul 6AM 6 min