Pakistan sê VSA en Iran onderhandel steeds

Loading player...
Die Pakistanse bemiddelaar sê onderhandelinge tussen die VSA en Iran duur voort, ondanks toenemende aanvalle in die Midde-Ooste. Dit volg terwyl die konflik uitbrei, met die VSA wat die week saam met Saoedi-Arabië Iran-gesteunde magte in Irak aangeval het. Minstens 20 mense is dood en 32 beseer. Gisteroggend het Jordanië berig hulle het vir die tweede agtereenvolgende dag inkomende Iranse missiele onderskep. Pakistan se woordvoerder vir Buitelandse Sake, Tahir Andrabi, sê onderhandelinge oor die Straat van Hormuz duur voort:
31 Jul 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Bokke gaan Rugby's Greatest Rivalry wen: Beast Mtawarira

Rugby: Die Springbok-legende Tendai "Beast" Mtawarira glo Suid-Afrika gaan Nieu-Seeland verslaan in die Rugby's Greatest Rivalry-reeks. Die stut, met 117 toetse op sy kerfstok, glo die Bokke se grofgeskut-voorspelers sal die All Blacks oorrompel en Suid-Afrika die voordeel besorg. Mtawarira sê die Suid-Afrikaanse pak se krag en fisiese aanslag kan…
11 Aug 11AM 1 min

Binnelandse sake-program teiken gemeenskappe

Die Binnelandse Sake-ministerie het 'n program vir kommunikasie en betrokkenheid by belanghebbendes van stapel gestuur. Dit het ten doel om gemeenskappe oor sy mandaat in te lig en staatsdienste nader aan die mense te bring. Adjunkminister Edward Wambo sê dat hierdie interaksies daarop gemik is om te verseker dat gemeenskappe…
11 Aug 11AM 1 min

Oop gebiede nodig vir olifante om habitatte te beskerm

Wêreldolifantdag word môre gevier, en die Namibia Nature Foundation beklemtoon die dringende noodsaaklikheid daarvan om oop gebiede te bewaar waar Afrika se reuse vrylik kan rondbeweeg. Navorsingsdirekteur Morgan Hauptfleisch het Namibië se model van oop landskappe vergelyk met Suid-Afrika se omheinde reservate, en waarsku dat olifante in die buurland in…
11 Aug 11AM 1 min

Krieket SA opgewonde oor FNB T20-driehoekige reeks

Spanne berei goed voor vir die FNB T20-driehoekige reeks wat van 28 Augustus tot 6 September in Windhoek plaasvind, tussen Suid-Afrika, Namibië en Zimbabwe. Alle wedstryde vind plaas by die FNB Namibië Krieketveld, met elke span wat twee keer teen die ander speel voor die finaal. Krieket Suid-Afrika se uitvoerende…
11 Aug 10AM 1 min