
Leefstyloudits vir IDAC verwelkom
Loading player...
Die Forum for South Africa het leefstyloudits by die Nasionale Vervolgingsgesag se Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie verwelkom, wat deur die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, aangekondig is. Die Fosa-leier, Tebogo Mashilompane, sê die openbare vertroue in wetstoepassings- en aanklaer-agentskappe is ernstig geskaad deur bewerings van korrupsie, politieke inmenging en die stadige vervolging van hoëprofiel-korrupsiesake. Hy sê leefstyloudits sal help verseker dat diegene wat met die stryd teen korrupsie toevertrou is, self onberispelik is:

