
SA vorder met TB-spuit vir volwassenes
Loading player...
Die Departement van Gesondheid het die vordering wat gemaak is met 'n nuwe tuberkulose-entstof verwelkom en bevestig voorbereidende werk word gedoen om tydige toegang vir Suid-Afrikaners te verseker. Dit vorm deel van voortgesette pogings om die epidemie teen die jaar 2030 uit te skakel as openbare gesondheidsbedreiging. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê 'n entstof wat TB by adolessente en volwassenes voorkom, sal 'n deurbraak wees vir die beheer en uitwissing van TB, beide wêreldwyd en hier in Suid-Afrika:

